SEARCH

CONTACT

PO BOX 136, Koelenhof, 7605

TEL: +27(0)21 865 2531

FAX: +27(0)21 865 2734

info@westcapebiotech.com

newsletter

Nuwe Laboratoriums: Biotegnologie in SA kry hupstootopening

- Gerrit Schaafsma (Landbouweekblad)

Internasionale beleggings is besig om Suid-Afrika die vasteland se biotegnologie-reus te maak. Die nuutste belegging, die maatskappy Westcape Biotech, is 'n gesamentlike poging tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse beleggers. Die maatskappy se laboratoriumgeriewe is onlangs deur mnr. Gerrit van Rensburg, die Wes-Kaapse minister van landbou, geopen. Die geriewe word gehuisves in 'n splinternuwe gebou wat net buite Stellenbosch tussen die wingerde gebou is.

Die Nederlandse groentetelings-maatskappy Enza Zaden het met Suid-Afrikaanse beleggers saamgespan om Westcape Biotech te vorm. Die nuwe maatskappy sal Enza Zaden se vermoë om sel- en weefselkweking te doen, uitbrei en tot voordeel van sy groentetelingsprogram strek. Die geriewe sal ook van groot nut wees vir die plaaslike landboubedryf, veral die vrugtebedryf, omdat die nuutste metodes van molekulêre diagnostiek daar gebruik word. Molekulêre diagnostiek word onder andere gebruik om patogene organismes by plante te identifiseer. Die aanleg sal ook help met die kweek van siektevrye plantmateriaal wat vir kommersiële en navorsingsdoeleindes gebruik gaan word. Daar is twee stelle laboratoriums – een vir plant weefselkultuur en een om molekulêre ontledings en navorsing te doen